Vakansiekos

Dit is nie nodig om dié vakansie ure voor die kospotte te staan om al die honger monde in jou huis te voer nie.

Kry toegang tot dié resepte, vorige Landbou Boerekos-uitgawes en vele meer teen net R30 per maand vir 12 maande.
*Bepalings en voorwaardes geld.

Pastarys met pestoroomsous, kersietamaties en gebraaide halloumi

Sit dié pastagereg warm of teen kamertemperatuur voor.

’n Halwe pak (250 g) pastarys (of orzo)
125 ml basiliepesto
250 ml suurroom
’n Skeut vars suurlemoensap
3 ml fyngerasperde suurlemoenskil
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g kersietamaties, gehalveer (of in kwarte gesny)
300 g halloumi, in blokkies gesny
Olyfolie, vir braai
Vars basiliekruid, om af te rond

Kook die pastarys in ’n kastrol met vinnig kokende soutwater tot net gaar.

Terwyl die pasta kook, klits die pesto, suurroom, suurlemoensap en -skil liggies saam.

Geur met sout en peper.

Dreineer die gaar pastarys en meng dit met die pestosous.

Meng die kersietamaties liggies by.

Braai die halloumiblokkies vinnig in ’n bietjie olyfolie tot goudbruin en meng net voor ete deur die pasta.

Rond af met ’n paar vars basiliekruidblaartjies.

Lewer 4 porsies.

Korslose souttert

Quiche sonder kors – ’n kortpad-aandete wat jou redding sal wees as jou idees min is.

Beesvleis-stroganoff

Beesvleis-stroganoff is ’n wenner – dis vinnig, maklik en heerlik.

Suurlemoen-krummelhoender

Tuisgemaakte schnitzels is maklik om te maak en vries ook goed.

Spek-en-kaasburger met jalapenos

Beesvleiskoekies
500 g beesmaalvleis
250 ml vars witbroodkrummels
’n Halwe ui, gerasper
3 knoffelhuisies, fyngekap
125 ml gekapte vars pietersielie
1 eier
30 ml worcestersous
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

6 dik snye cheddarkaas
6 stukke geroosterde bladspek
6 hamburgerrolletjies
Botter, vir smeer
30 ml suurroom of knoffelmayonnaise
’n Hand vol slaaiblare
’n Paar stukkies dun gesnyde jalapeñorissies

Meng al die bestanddele vir die vleiskoekies goed saam en verdeel in 6 ewe groot porsies. Vorm frikkadelle en druk elkeen redelik plat. Braai die vleiskoekies in ’n pan of oor die kole tot gaar na smaak.

Sit die snye kaas dadelik op die vleiskoekies sodra dit van die hitte af kom, sodat die hitte van die vleis die kaas kan sag maak en smelt. Sodra die kaas begin smelt, sit ’n stuk geroosterde spekvleis ook bo-op.

Smeer die broodrolletjies met botter en skep ’n teelepel suurroom of knoffelmayonnaise bo-op. Sit ’n paar slaaiblare op, gevolg deur die warm vleiskoekie met kaas en spek. Rond die burgers af met ’n paar stukkies jalapeño.

Sit dadelik voor saam met skyfies.

Lewer 6 porsies.

Vispakkies met gerookte ham en tamatie

Die gereg is blitsvinnig om te maak – jy hoef dit net vir tien minute te bak

Hoenderroerbraai met pynappel en noedels

Dié lekker roerbraai ’n Oosterse geurtjie. Die resep bevat net spenskas-staatmakers.

Masala-viskoekies met suurlemoen-mayo

Ek het hierdie resep by ’n Maleise sjef afgebedel en vereenvoudig.

Hoender-nachos

45 ml olie
500 g hoenderborsies, in repies of blokkies gesny
2 jalapeñorissies, ontpit en in dun ringetjies gesny
10 ml komyn
10 ml koljander
1 blik (410 g) rooi nierboontjies, gedreineer
125 ml tamatiesalsa
Sout en peper na smaak
1 pak tortillaskyfies
250 ml gerasperde mozzarellakaas
125 ml suurroom of gladde maaskaas

Om af te rond

2 ryp avokado’s, gesnipper
1 groot rooi soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
Vars koljanderblare
Vars suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n oondvaste dienbord met olie.

Verhit die olie en braai die hoenderrepies, rissies, komyn en koljander daarin tot die hoender gaar is.

Voeg die boontjies by en braai tot deurwarm.

Voeg die tamatiesalsa by en verhit tot kookpunt.

Geur na smaak met sout en peper.

Rangskik die skyfies in ’n dubbellaag op die dienbord en skep die hoendermengsel versigtig op.

Sprinkel die kaas oor en oondrooster vir ongeveer 15 minute tot die kaas gesmelt is.

Haal uit die oond en skep die suurroom of maaskaas bo-op.

Om af te rond, meng die avo- kado met die soetrissie. Roer vars koljanderblare deur.

Geur na smaak met suurlemoensap, sout en peper.

Skep dit op die nachos en sit dadelik voor.

Lewer 4 porsies

Gemarineerde steakkebabs

Sit die kebabs voor met ’n aartappelgereg en groente of bykos van jou keuse.

Varkvleis-bolognese

Die vetinhoud en geur van gemaalde varkvleis maak dit beste keuse vir ryk vleissouse.

Avo-en-maalvleis-panpizza

Maklik, gou gaar, voedsaam en elkeen kan die bolae opsit waarvan hulle hou.

Keer terug na die tuisblad.