Wonderwerkskool bou gees en vaardighede
Augusta Brandt, Jakes Gerwel- Tegniese Skool, Bonnievale
Lewensvaardighede word ook gekweek, soos die groep graad 8-seuns wat 'n mentorskap-kamp – 'n Boys2Men-kamp – verlede jaar in Llandudno, Kaapstad bygewoon het.
Lewensvaardighede word ook gekweek, soos die groep graad 8-seuns wat 'n mentorskap-kamp – 'n Boys2Men-kamp – verlede jaar in Llandudno, Kaapstad bygewoon het.
Die Jakes Gerwel- Tegniese Skool is al beskryf as Bonnievale se "wonderwerkskool". Gemeenskaps- en geloofsleiers op die dorp het besef: Onderwys en opvoeding is die doeltreffendste manier om die dwelm- en misdaadprobleme wat die streek teister, aan te oak. Vandag is die Jakes Gerwel- Tegniese Skool 'n leersentrum van uitmuntendheid. Die tegniese vaardighede wat leerlinge by die skool aanleer, rus hulle met die regte vaardighede toe wanneer hulle die werkswêreld betree. "Die skool se belangrikste doelwit is om die kinders te laat besef hulle maak saak," vertel Augusta Brandt.
"Wanneer 'n kind dit glo, werk hy harder, want hy het iets om na te streef. By die skool word niemand in 'n blik gedruk wanneer hulle nie akademies uitblink nie. As jy eerder prakties aangelê is, kan jy daardie vaardighede ontwikkel."
Van die skool se leerders studeer vandag so ver as Soltech in Centurion, maar Augusta sê hulle is die trotsste op die aantal jong mense wat skool klaarmaak en werkgeleenthede in die gemeenskap het wat vir hul wag. Die skool skryf sy sukses toe aan die volgende strategieë.
Vandag is die Jakes Gerwel- Tegniese Skool 'n leersentrum van uitmuntendheid. Die tegniese vaardighede wat leerlinge by die skool aanleer, rus hulle met die regte vaardighede toe wanneer hulle die werkswêreld betree.
Vandag is die Jakes Gerwel- Tegniese Skool 'n leersentrum van uitmuntendheid. Die tegniese vaardighede wat leerlinge by die skool aanleer, rus hulle met die regte vaardighede toe wanneer hulle die werkswêreld betree.
1. Bied leerders 'n breë kurrikulum
Die skool kweek landbou- en boerderyvaardighede, wat in aanvraag is binne Bonnievale se landbou- en sakesektore. Dit maak dit vir oudleerders makliker om werk te kry wanneer hulle hul skoolloopbaan voltooi het. Leerders kan kies tussen landboubestuurspraktyk en landboutegnologie as vakke, wat vir hulle spesialis-ervaring in die veld gee. Die skool bied ook praktiese lewensvaardighede om seker te maak sy leerders gedy in die professionele wêreld.
2. Betrek plaaslike kundigheid
Die skool het plaaslike boere, besighede en gemeenskapsleiers betrek in gesprekke oor spesifieke vaardighede wat die streek se landbousektor benodig. Die skool is gebou deur insette van die hele gemeenskap en dit was juis die kundigheid van die plaaslike boere wat gehelp het om die leerplan te ontwikkel. Die leerders kry ook die geleentheid om vir twee weke boere en sakelui in die werksplek waar te neem as deel van 'n werkskadu-projek.
Jakes Gerwel se leerders kry reeds op skool praktiese ondervinding deur by boere of landboubesighede te werk. Omdat die leerplan so omvattend is, is kinders wat landbou as vak neem ook meer geneig om dit as beroep te oorweeg.
Jakes Gerwel se leerders kry reeds op skool praktiese ondervinding deur by boere of landboubesighede te werk. Omdat die leerplan so omvattend is, is kinders wat landbou as vak neem ook meer geneig om dit as beroep te oorweeg.
3. Skep 'n balans tussen prakties en teorie
Jakes Gerwel se leerders kry reeds op skool praktiese ondervinding deur by boere of landboubesighede te werk. Omdat die leerplan so omvattend is, is kinders wat landbou as vak neem ook meer geneig om dit as beroep te oorweeg. Bonnievale 418 ('n nieregeringsorganisasie wat lewensvaardighede by die streek se jong mense ontwikkel) se aanvullende rol beteken ook leerders kry op skool loopbaanoriëntering oor beroepskeuses en naskoolse werk.
4. Dis nie net akademie wat saak maak nie
'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees, en daarom sluit die leerplan modules in wat op karakterbou en lewensvaardighede konsentreer. Elke onderwyser mentor ook 15 leerders. Dwelm -en middelmisbruik bly 'n kwessie, maar die skool het 'n heeltydse berader en maatskaplike werker in diens wat kwesbare kinders monitor, en laat hulle opneem by 'n dwelm-en-drankrehabilitasiesentrum indien hulle professionele hulp benodig.
Kontak
Web: www.jgt.co.za
E-pos: hoof@jgt.co.za
Tel: 023 009 0999