Sonder boere kan daar nie 'n Suid-Afrika wees nie, maar sonder 'n gemeenskap kan daar ook geen boere wees nie.

Die geleidelike agteruitgang van landelike Suid-Afrika getuig van die breër maatskaplike probleme in die land. Van onderwys tot gesondheid, paaie tot watervoorsiening, maatskaplike samehorigheid tot indiensneming – as dit 'n Suid-Afrikaanse probleem is, is dit waarskynlik erger in die landelike gebiede van ons uitgestrekte platteland. Dit word verder aangeblaas deur swak munisipale bestuur en 'n skrikwekkende tekort aan vaardighede. Selektiewe wetstoepassing vererger 'n reeds benarde situasie.

Hoe maak ons seker dat plattelandse gemeenskappe nie net oorleef nie, maar ook floreer?

“As 'n publikasie wat al vir meer as 'n eeu landelike Suid-Afrika dien, het Landbouweekblad nie net 'n verantwoordelikheid om die Suid-Afrikaanse platteland te help herleef nie, maar ken ons ook die mense wat reeds 'n verskil maak deur beter, ryker en inklusiewer landelike gemeenskappe op te bou," sê Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad.

Dié interaktiewe, digitale knooppunt vat die meer as 60 sleuteldeelnemers aan Landbouweekblad en Senwes se Oplossings vir Suid-Afrika se Platteland-konferensie se suksesverhale van opheffing en hoop saam.

Lees, kyk en word geïnspireer!

As ons nie daadwerklik optree om oplossings vir die platteland te bedink nie, gaan niks verander nie. Die landbou is en bly die lewensaar van die platteland en Senwes as belanghebbende in die sektor het 'n wesenlike taak.
Francois Strydom, Senwes

Opsommings

Opening – Jannie de Villiers

Opsomming 1 – Jannie de Villiers

Opsomming 2 – Jannie de Villiers

Opsomming 3 – Jannie de Villiers

Jacques Taylor van Case IH

Opsomming 4 – Jannie de Villiers

Barend La Grange, Privilege Foundation

SPONSORS

VENNOTE