Leer ’n boer, bou ’n land se toekoms
Judy Steward, stigter, Future Farmers
"As elke boer een of twee jong mense kan inneem of ’n Future Farmers-program borg, kan ons die toekoms van die landbou in Suid-Afrika verander. Ons kry reeds honderde jong mense op plase," sê Judy Stuart, 'n melkboer van Howick.
Judy Stuart, stigter van Future Farmers
Judy Stuart, stigter van Future Farmers
In 2006 het Judy Stuart, stigter van Future Farmers, leerders van die Zakhe-landboukollege in KwaZulu-Natal by ’n jeugskou ontmoet. Sy het hulle daarna weer by nog van dié skoue raakgeloop en beter leer ken. Toe dit tyd raak vir dié leerders om te matrikuleer, het dit duidelik geraak dat hulle dringend praktiese ondervinding op kommersiële plase gekort het om doeltreffende boere te word.
Hulle het vir Judy gesê hulle kan nie om tersiêre opleiding aansoek doen nie, want hulle kan dit nie bekostig nie en skoolverlaters kry nie werk op plase nie.
Sy het besef hulle het die passie en sy ken boere. Sy het haar kennisse in die kommersiële landbou oorreed om gasheer vir die seuns te speel. Só het sy die Future Farmers-stigting op die been gebring om seker te maak die jong mense wat potensiaal vir en entoesiasme in landbou toon, gaan nie verlore vanweë beperkte geleenthede nie.
Dié vakleerlingskappe lewer nie net plaasbestuurders op en help die jong mense om goeie werk te kry nie, maar gee ook transformasie in die landbou 'n hupstoot.
Sedertdien het honderde toekomstige boere plaaslik vakleerlingskappe voltooi, en selfs ook vir 'n tyd oorsee gaan werk.
"Future Farmers is uniek, aangesien dit die jeug die geleentheid bied om die landboubedryf deur 'n praktiese leerprogram te betree. Vakleerlinge verdien geld terwyl hulle leer. Ná 'n paar jaar, gegewe die regte ingesteldheid en met mentorskap en opleiding, verander hulle in selfversekerde bestuurders," verduidelik sy.
Dié vakleerlingskappe lewer nie net plaasbestuurders op en help die jong mense om goeie werk te kry nie, maar gee ook transformasie in die landbou 'n hupstoot.
Dié vakleerlingskappe lewer nie net plaasbestuurders op en help die jong mense om goeie werk te kry nie, maar gee ook transformasie in die landbou 'n hupstoot.
Raak só betrokke
Vir boere
Future Farmers se grootste kwessie is om genoeg boere te kry wat bereid is om toekomstige boere op te lei. Daar is groot belangstelling van kandidate en navrae en aansoeke is oorweldigend, maar daar is ongelukkig nie genoeg boere sodat al die aansoeke plasings vir internskappe kry nie. Deur die jare het 'n groot aantal boere gasheer gespeel vir ons jong mense. Sommige is gereelde deelnemers. Maar sommige het intussen afgetree af en ander het belangstelling verloor, sê sy.
Vir toekomstige boere
Die sleutel tot die stigting se sukses is om al die Future Farmer-aansoekers te vra wat hulle graag binne die landbou-sektor wil doen, sê Judy. "Dis vir ons belangrik dat ons vakleerlinge doen waarvoor hulle regtig lief is. As jy wil werk met groente, sal ons nie onderhoude in die pluimvee-bedryf reël nie."
Sy glo om te boer is vervullende werk, maar dit is ook een van die moeilikste werksomgewings weens die talle risiko's en struikelblokke. Stuart stel voor dat enigiemand wat boerdery as 'n loopbaan oorweeg, dit slegs moet doen as dit hul opregte passie is.
Dis vir Future Farmers belangrik dat hul vakleerlinge doen waarvoor hulle regtig lief is. As jy wil werk met groente, sal hulle nie onderhoude in die pluimvee-bedryf reël nie.
Dis vir Future Farmers belangrik dat hul vakleerlinge doen waarvoor hulle regtig lief is. As jy wil werk met groente, sal hulle nie onderhoude in die pluimvee-bedryf reël nie.
Vir skenkers
Een van die redes vir die inisiatief se sukses is die enkele ruim skenkings van donateurs soos die Underberg-boerevereniging, die No Till Club en die Saville-stigting wat die koste van oorsese internskappe dek. Die interns betaal dan die geld terug uit hul maandelikse lone terwyl hulle oorsee werk. Dít stel die stigting in staat om nog 'n intern te stuur. Judy meen daarom kry hulle jare lank waarde uit 'n enkele skenking en kan "soveel as twee interns per jaar stuur".
Kontak
E-pos: judy@futurefarmers.org.za
Web: futurefarmersfoundation.com