Wees veilig op
jou plaas
26 November 2024
Die 46-jarige Nico Steyn is in ’n aanval op ’n plaas buite Hendrina in Mpumalanga vermoor. Die aanvallers het sy bejaarde pa en ma, Piet en Sannie, aangerand. Sy pa is in 'n voertuig se kattebak toegesluit en sy ma is ontvoer.
2 Desember 2024
'n Voormalige plaaswerker en nog ’n man het Frederick van Niekerk se dogter en 'n huiswerker op ’n plaas in die distrik Ehlanzeni, naby Mashishing (Lydenburg), in ’n rooftog aangehou.
7 Desember 2024
Jaco van Wyk van 'n plaas in die distrik Rouxville in die Suid-Vrystaat is op Saterdag 7 Desember in ’n gewapende rooftog doodgeskiet en sy vrou is ontvoer en na bewering verkrag.
In hierdie spesiale fokus van Landbou.com kan jy ’n keur van stories lees wat wenke gee aan boere om hulself en hul gesinne te beskerm.
Boere gewaarsku: 'Wees méér paraat dié feestyd'
Kortom:
Boere, plaaswerkers en landelike inwoners word aangeraai om nié hul waaksaamheid in die feestyd te verslap nie, maar eerder te verskerp, omdat meer aanvalle in hierdie tyd op landelike gemeenskappe plaasvind.
Plaasaanvalle, veediefstalle en die onwettige jag met honde is van die misdade wat gedurende die feestyd kan voorkom.
Verskeie wenke vir persoonlike veiligheid word gedeel, soos dat jy seker moet maak dat ’n gelaaide selfoon of tablet in die huis versteek is sodat jy hulp kan ontbied indien aanvallers jou selfoon afgeneem of gesteel het.
"Die landelike gemeenskappe in Suid-Afrika wil ook soos die res van die land se inwoners in die feestyd rus, maar statistieke het getoon dat meer waaksaamheid juis in hierdie tyd nodig is aangesien baie mense van elders dan die landelike gebiede besoek."
Uys van der Westhuizen, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee
Veiligheid gaan oor meer as verskillende vlakke van sekerheid wat saamgevoeg word om misdadigers uit te hou. Dit gaan ook die smee van bande, gesprekvoering en gesonde verhoudinge.
Chandré Gould, ’n senior navorsingsgenoot van die program vir geregtigheid en geweldvoorkoming van die instituut vir sekerheidstudies en sameroeper van die nasionale geweldvoorkomingsforum, wy haar loopbaan daaraan om die oorsake van misdaad te verstaan.
"As deel van my navorsing het ek vyf jaar (van 2010 tot 2015) daaraan gewy om gesprekke te voer met gevangenes wat mense beroof, verkrag, vermoor, plase aangeval en voertuie gekaap het. Wat ek gevind het, is dat hulle almal verskriklike geweld in hul kinderjare ervaar het. Hierdie mans is nie sleg gebore nie. Hulle is erg mishandel. Die geweld in hul verlede het tot meer geweld gelei."
Beheerkamers vir ’n veiliger gemeenskap
Twee beheerkamers wat deur die gemeenskap bedryf word en onder meer deur private skenkings en ondernemings gefinansier word, help om die Vrystaatse en KwaZulu-Natalse platteland 'n veiliger plek te maak.
Toe betogers en plunderaars KwaZulu-Natal in 2021 in 'n chaos gedompel het, het Greytown, in vergelyking met sy buurdorpe, taamlik lig daarvan afgekom. Dit is te danke aan die flink reaksie van die Golf 911- (G911) sentrum, 'n niepolitiese organisasie sonder winsbejag met 'n sentrale beheerkamer wat sekerheidsdienste in die area bestuur. Tydens die onluste kon G911 'n strategiese verdedigingsplan vir die streek ontplooi om die dorp teen plunderaars te beskerm.
Ian Hill, Golf 911-raadslid en direkteur, het op Landbouweekblad en Senwes se konferensie, Oplossings vir die Suid-Afrikaanse platteland, hieroor gesels.
Samewerking die sleutel tot sukses
'n Soortgelyke inisiatief help ook om misdaad in die Oos-Vrystaat te bekamp. Die Bethlehem-beheerkamer dien sewe distrikte in die Oos-Vrystaat – insluitend Bethlehem, Fouriesburg, Reitz, Clarens, Kestell en dele van Harrismith – met 'n ledetal van 509.
"Dit sluit in boere en ander plaaslike inwoners wat konsentreer op gemeenskapsveiligheid en -ondersteuning,” sê Jaco Breytenbach, 'n boer van Fouriesburg en verteenwoordiger van die beheerkamer.
Jaco Breytenbach, ’n boer van Fouriesburg en verteenwoordiger van die Bethlehem-beheerkamer, het op die konferensie meer daaroor gepraat.
Agri Oos-Kaap se bloudruk vir veilige plattelandse gemeenskappe
Agri Oos-Kaap, die verteenwoordigende liggaam vir die provinsie se landbousektor, het die Agri-Ops Koördineringsentrum in Februarie 2022 in reaksie op die KwaZulu-Natal-onluste in die vorige jaar ingestel. Die sentrum koördineer veiligheidspogings onder boere, sekerheidsfirmas en wetstoepassingsagentskappe, en het binne twee jaar ontwikkel tot 'n multi-miljoenrandse sekerheidspilpunt wat gevorderde tegnologie met voetsoolvlak-inisiatiewe kombineer.
Jason Kümm, Agri Oos-Kaap se hoof van veiligheid, het ook sy gedagtes op die konferensie, Oplossings vir die Suid-Afrikaanse platteland, gedeel.
Hluhluwe-boere: Saam is ons sterker
Toe vernietigende onrus KwaZulu-Natal in 2021 verlam het, was Hluhluwe een van die min landelike dorpe wat ongeskonde was. Die rede? Gesonde verhoudinge tussen die kommersiële boere en die tradisionele leiers.
PJ Hassard het tydens die onluste 'n oproep ontvang van 'n plaaslike stamhoof, wat hom ingelig dat plunderaars al hoe nader beweeg en gevra: "Hoe kan ons help?" PJ boer saam met sy pa, Peter, 'n voormalige president van die KwaZulu-Natalse Rugby-unie, met wild en beeste buite Hluhluwe.
"Ons is in ’n gebied waar daar nooit voorheen probleme was nie, en toe skielik gebeur dit."
Stuart Riddle
4 kenners se raad vir veiliger plase
Hoe bly ’n boer veilig wanneer sy lewe elke dag en te enige tyd in gevaar kan wees? Vier skakels in die ketting – ’n veiligheidsaktivis, organiseerder, opleier en berader – gee belangrike raad.
Aktivis
’n Probleem wat Ian Cameron uitwys, is die neiging onder boere in sekere dele van Suid-Afrika wat dink ’n plaasaanval gaan nie met hulle gebeur nie.
Organiseerder
Genl.maj. Roland de Vries meen gemeenskappe moet verantwoordelikheid aanvaar sodat gemeenskaps-veiligheid in werking gestel kan word.
Berader
Henriëtte de Vries beskryf trauma as “ ’n gevoel van hulpeloosheid, magteloosheid, kragteloosheid tot die punt van hopeloosheid. Die enigste pad daaruit is paraatheid en beplanning.”
Opleier
As die boer weet wat om te verwag en hoe om op te tree, gaan hy minder bang wees, sê Pieter Kemp. Jy sal tog nie iemand wat nie ’n trekker kan bestuur nie, jou duur stroper laat ry nie.
Onwettige jag met honde: Aktiveer jou veiligheidstelsel
Is jy ’n maklike teiken?
Kobus Visser tree af nadat hy 26 jaar gelede deel was van die georganiseerde landbou se span wat wyle oudpres. Nelson Mandela se mylpaal-spitsberaad oor landelike veiligheid op 10 Oktober 1998 bygewoon het. Hy het in die Nuusmaker-rubriek gesels oor plaasveiligheid, landelike veiligheid en hoe om te keer dat jy ’n maklike teiken word.
Wanneer mag jy skiet?
’n Boer in Mpumalanga is vroeër vanjaar in hegtenis geneem nadat hy ’n verdagte doodgeskiet het wat vermoedelik onwettig op sy plaas gejag het. Butch van Blerk, regsgeleerde, gesels oor die wetgewing rondom die gebruik van vuurwapens vir selfverdediging en die gebruik van dodelike geweld.
Plattelanders wen misdaad-stryd met app
’n Toepassing om misdaad-intelligensie met data-insameling te versterk, is ’n belangrike wapen in die stryd teen misdaad in die Laeveld.
Steytlerville-plaaswag veg in die voorste linie
Groter samewerking tussen buurdistrikte beteken nie net groter veiligheid nie, maar koste word ook bespaar.
Kameras ’n belangrike stuk gereedskap
’n Kamera op ’n paal kan nie ’n dief of moordenaar vang nie, maar raak toenemend belangrik om data te ontleed.
Moenie dat dit met jou gebeur nie
Meer as 20 jaar nadat sy pa op hul familieplaas vermoor is, kyk Roelof Bezuidenhout terug op die lesse wat daaruit geleer is, asook na die altyd teenwoordige politiek en hoe jou optrede jou ’n teiken kan maak – en hoe jy dit kan voorkom.
"Jy moet besluit: Gaan jy weerbaar wees of gaan jy weerloos gelaat word."
Ian Cameron