
Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Moenie dié veilings misloop nie!

Moenie dié opwindende Nasionale Boranveiling mis nie!
Nasionale Boranveiling vind op 14 Julie by die Afridome in Parys plaas. Kontak Christopher Havenga by 082 821 1527 vir meer inligting.

Kyk uit vir rekordpryse by Hatari-veiling
Die Hatari Dormer-produksieveiling vind op 16 September op die plaas Middelwater plaas. Woon die veiling by vir topdiere!

Leeuwbult Bonsmara-veiling voor die deur
Kopers van Leeuwbult Bonsmaras gee jaarliks goeie terugvoering oor dié beeste se aanpasbaarheid, vrugbaarheid, kalfgemak, speenkalfproduksie en karkaswaarde.
Veilingsnuus

Royal-skou se R2 200/kg lamkarkas 'n ‘ongelooflike voorreg’
’n Skaapboer van die Oos-Kaap het ’n reuse-bedrag van R95 780 verdien vir sy topdrie lamkarkasse wat op die Royal-skou in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, opgeveil is.

'n Megaprys vir miniperd
Die kampioen-Miniatuurhings MMC At Senor Hotspots van die Eduan-stoetery het die hoogste prys van R100 000 op die vierde produksieveiling van Gawie Naudé en sy seun Willem behaal.

Bonsmara-bul haal R1 miljoen
’n Bonsmara-bul van Poggenpoel Molopo Bonsmaras is vir R1 miljoen verkoop op hul jaarlikse produksieveiling wat op Stella aangebied is.