Wat het die skrum en die vrugteboord gemeen? In albei
is daar nie plek vir halfhartigheid nie, dit verg spanwerk, vasbyt en die vermoë om op te staan as jy platgeslaan word – eienskappe wat die oudrugbyspelers Niel Hugo en Andrew Paterson al jare lank onder boere ervaar in hul rol as verpakkingsmateriaal-verkoopsmanne. Nou gaan hulle hierdie inspirerende stories in ’n opwindende videopodsending (vodcast), Plaaspraatjies, saam met Landbouweekblad en Mpact vertel.
Beide Niel en Andrew werk al jare lank in die landbou en het oor tyd goeie verhoudings met boere opgebou. Hul gesprekke strek dus verder as oppervlakkige onderhoude sodat hulle werklik boere se inspirerende verhale na kykers kan bring. En ja, daar word soms ook rugby gepraat!
Hulle glo Suid-Afrika se landbou en rugby is van dieselfde kaliber, met mense wat nooit opgee nie en die nodige waardes en vasbyt het om bo uit te kom.
Niel Hugo en Andrew Paterson is die aanbieders van Landbouweekblad en Mpact se splinternuwe vodcast, Plaaspraatjies. Foto’s: VERSKAF
Niel Hugo en Andrew Paterson is die aanbieders van Landbouweekblad en Mpact se splinternuwe vodcast, Plaaspraatjies. Foto’s: VERSKAF
Niel (links) en Andrew (regs) op die Plaaspraatjies-stel saam met Derek Clift van The Mason’s Winery in die Paarl.
Niel (links) en Andrew (regs) op die Plaaspraatjies-stel saam met Derek Clift van The Mason’s Winery in die Paarl.
Andrew bars weg met die bal in ’n wedstryd tussen die WP en Transvaal op Nuweland in 1991. Niel is links agter.
Andrew bars weg met die bal in ’n wedstryd tussen die WP en Transvaal op Nuweland in 1991. Niel is links agter.
Niel (links) kuier saam met Hannes Nel (middel), tafeldruifboer van Rooipad Boerdery langs die Oranjerivier. Regs is Alwyn Dippenaar van Dippenaar Boerdery, ook van die Oranjerivierstreek.
Niel (links) kuier saam met Hannes Nel (middel), tafeldruifboer van Rooipad Boerdery langs die Oranjerivier. Regs is Alwyn Dippenaar van Dippenaar Boerdery, ook van die Oranjerivierstreek.