Kompetisie en kameraadskap
DLandbouweekblad is ’n
it is tyd vir die landbou-onderneming OBARO se jaarlikse Inter Unie-naweek wanneer dit weer boer teen boer gaan wees. Dié naweek word tans (27 Februarie tot 1 Maart) in die Sediba Kwele-avontuurkamp buite Brits in Noordwes gehou word.
Altesaam 21 boereverenigings het spanne ingeskryf vir dié byeenkoms, waarin hulle in nege kompetisies teen mekaar meeding om as die algehele wenner – Baas van die Plaas – bekroon te word. Die kompetisies behels vlotbou, vlotroei, gholf, boogskiet, paalgooi, bylgooi, rip-rugby, sakdra en toutrek. Hoewel alles deurgaans groot pret is, sal van die kompetisies ook vernuf verg.
Die spanne is
Loskop-Suid (Groblersdal), DelFonteinSpruit Ratels (Gauteng), Ohrigstad-boerevereniging (Ohrigstad), Top Guns (Brits1), Magaliesburg Megaboere (Magaliesburg), Kanaalbabers (Marble Hall), Hoedspruit Vlakvarke (Hoedspruit), Bosbarons (Potgietersrus), Stoet Bulle (Brits2), Barra-Barras (Barberton), Mal-Koppas (Thabazimbi), Turfrotte (Dwaalboom), Tuks Landbou (Pretoria), Sluistrekkers (Hartswater), Potjiesdorp (Potchefstroom), Untag (Middelburg), Soltech (Pretoria), Bosveld Brandbors (Naboomspruit), Krokodil-Wes Oesklub (Koedoeskop), Vaalbank-studiegroep (NW Jongboere) en Constantia Tiere (Letsitele).
Uitvoerende hoof
Nic Bronkhorst
Met die sterk terugkeer van jong boere deesdae na die plaas wou OBARO ’n alternatief vir ’n formele konferensie skep. Nie almal woon kongresse en konferensies by nie.
Die gedagte van ’n Inter Unie-naweek is om boere van verskillende boereverenigings bymekaar te bring.
WELKOM BY
INTER UNIE 2026
Die gewilde Hammie Wessels bied vanjaar se verrigtinge aan. Sy broer Robbie Wessels vermaak vanaand die boere met sy musiek en praatjies.
Die Inter Unie sal nie plaasvind sonder sy vennote nie. Vir TotalEnergies, Willard Batteries en Sanlam – is dié pretdag ’n platform waar waardes, ontwikkeling en betrokkenheid bymekaarkom.
DAG 1
Die eerste dag bestaan uit vlotbou. Sodra dit gedoen is moet die boere die vlot te water laat en hoop hy dryf. Dan roei vir die eindstreep.
'Die Inter Unie is
begin om boere-gemeenskappe bymekaar te bring,
veral jong boere.
Dit gaan oor die samesyn.'
- Martin Greyling, direkteur: jong boere
Vlotbou is nie vir sissies nie
Dag 1 se hoogtepunte
Hard werk verdien hard speel
Ná ’n besige dag van vlotbou moes die boere ontspan ook. Robbie Wessels was daar om my sy musiek die manne te vermaak.
Mense die geheim van Inter Unie se sukses
Die hele doel van die Inter Unie is om boere van regoor Suid-Afrika bymekaar te bring vir saam kuier en gesels. Op dit alleen is vanjaar se Inter Unie 'n reuse-sukses.
DAG 2
Hoe ver kan jy 'n paal gooi? Hoe sterk is jou span? Is jy die volgende Cheslin Kolbe?
Hierdie vrae gaan vandag beantwoord word wanneer die manne meeding in die boereweergawe van die hooglandspele, toutrek en riprugby.
Húlle maak die pret moontlik
Vir die borge van OBARO se Inter Unie is hul betrokkenheid by hierdie pret geleentheid meer as net finansiële ondersteuning. Hulle gooi ook hul gewig agter die toekoms van landbou deur dit vir jong boere moontlik te maak om te netwerk. In die video gesels verteenwoordigers van TotalEnergies, Sanlam en Willard Batteries oor waarom hulle die Inter Unie so geniet, maar ook hoekom hul betrokkenheid belangrik is.
Nie jou gewone sportsdag nie
Sakdra, paalgooi, boogskiet, gholf en bylgooi is maar net van die dissiplines waarin boerespanne teen mekaar deelneem.
Dis boer teen
boer in rugby
Daar is sekere vermoë wat riprugby by OBARO se Inter Unie vereis en vanjaar se spanne het dit. Kyk hier om te sien hoe die boere gevaar het.
En die wenner is...
En so moet alle goeie dinge op 'n einde kom... maar nie voordat die wenner aangewys is nie. Hier is hoe sake by OBARO se Inter Unie verloop het:
